
Erdwurmboer Radio
By Jannie Pretorius

Erdwurmboer RadioOct 07, 2021

Hoe groot sonkragstelsel het jy nodig?
Ek verduidelik hoe ek verstaan hoe sonkragstelsels werk en hoe ons besluit het watter grootte sonkragstelsel ons nodig gehad het om "off-grid" elektrisiteit te kon kry. Indien die potgooi insiggewend is, koop vir my 'n virtuele koppie koffie deur hierdie skakel te besoek: www.buymeacoffee.com/erdwurmboer

Energie vir 2021 en daarna (Deel 1)
Ek gesels inleidend oor ons energie behoeftes en hoe ons energie kan spaar en verder kan laat rek. In volgende episodes gaan ek na spesifieke energiesake kyk. Daar is baie potensiële maniere om energie meer doeltreffend te gebruik en permakultuurbeginsels help om die potensiaal te ontdek. Jy kan 'n afspraak maak om met my te gesels oor jou energie behoeftes en ander permakultuur vraagstukke deur vir my 'n koffie te koop.

Erdwurmkompos vs Gewone Kompos
Hierdie potgooi gaan oor die verskil tussen gewone kompos en erdwurmkompos. As jy hou van waarna jy luister, kan jy vir my 'n koffie koop deur op hierdie skakel te klik.

Hoe maak erdwurms kompos?
Ek gesels oor die samewerking tussen erdwurms en ander mikro-organismes in die erdwurmkompos proses.

Om te potgooi of nie
Ek wonder of ek 'n Afrikaanse potgooi oor hoofsaaklik permakultuur moet oorweeg of nie?