

Jaco Thom se podcastAug 06, 2023

Psalm 103
Die Here is vol liefde en ontferming

Luk 10:25-27
Die Barmhartige Samaritaan
Bybelsondag

Matt 13:24-30 God boer met genade
Gelykenis van die onkruid tussen die koring

Matt 10:29-31
Niks sonder julle Vader nie

Matt 9:22 Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het
Wat verwag jy van God?

Matt 4:1-11
Jesus word deur Satan versoek

Matt 3:13-17
Gedoop in die Naam van die Vader, die Seun en die Gees

Lees die Bybel saam met my Matt 3
Ons lees nou die Evangelie van Matteus

Rut 4
Pnkster 2023
God is aan die werk waar jy jou beste gee.

Rut 3
Pinkster 2023
God is aan die werk ook waar niemand sien nie

Rut 2
Pinkster 2023
God is aan die werk in jou omgang met ander

Rut 1
Pinkster 2023
God is aan die werk in jou keuses

Luk 24:13-35 Die Emmausgangers
Geloof is om God raak te sien by jou

Hand 2:36-41
God is besig in die wêreld. Jy kan ook!

Eks 17:1-7 Is die Here by ons of nie?
Vraag na God in 'n krisis

Luk 22:33
Ook in die klein dingetjies getrou.

Joh 13:1-17 Jesus was sy dissipels se voete
Só lyk liefde!

2 Kon 6:8-23
God is nader as wat jy dink

Joh 1:1-18 God praat deur die Woord
God is 'n God wat wil kommunikeer. Daarom het Hy sy Seun na ons gestuur. Hy is die Woord, God se Woord, aan ons.

Gen 32:22-32 Nuutgemaak
God het nie vir Jakob gelos, dat hy met sy bedrog-lewe kon voortgaan nie. Hy het hom voorgekeer, hom verander, nuut gemaak, en daarom ook sy Naam oor hom uitgeroep. So is God. Hy los nie sy mense nie.

Heb 12:8-29
Lewe vanuit 'n nuwe werklikheid

Heb 12:1-3
Hoe haal ek die eindstreep?

Heb 11:13-16
Geloof maak jou 'n vreemdeling in die wêreld

Heb 10:26
As ’n mens hierdie gedeeltes lees, sien jy die dodelike erns en krasse veroordeling waarmee Hebreërs praat oor ongeloof en afval. Hy sê dit kan gebeur in ’n mens se lewe, ’n mens wat gedeel het in die genade en die gemeenskap en seëninge van die volk van God, dat hy of sy moedswillig sondig, en dan word dit vir so iemand te laat vir berou, dit word onmoontlik vir diesulkes om hulle weer te bekeer, dan bly daar geen offer vir die sonde meer oor nie.

Heb 10:23-25
Saam agter Jesus aan

Heb 10:19-25
Lig op jou kop!

Heb 5:13
Melkkossies gaan ons nie help om geestelik volwasse te word nie.

Heb 3:7-19
Jou keuses elke dag is belangrik

Luk 9:57-61
Om Christus te volg, stel hoë eise

Luk 8:26-39 Die besetena van Gerasa
Lukas teken vir ons ’n prentjie van Jesus wat sterker is as Satan, en daarom is ons veilig by Hom; van Jesus wat met mense op die naam werk, ook met jou; van Jesus wat heel maak, nie stukkend nie; en van Jesus wat Hom nie aan mense opdring nie, maar deur jou en my by hulle wil uitkom.

Joh 14:15-31 Pinksterfees
God se teenwoordigheid in jou lewe

Openbaring 1:12-20
Draai om!

Apie en die krokodil
Kinderpreek oor die gevaar van versoekings.
Jak 1:14-15

Hand 11:1-18 Almal welkom
Die kerk was van die begin af 'n verwelkomende gemeenskap

Joh 21:1-19 Tyd met Jesus, tyd vir mekaar
Jy gaan nie in 'n geestelike reus verander sonder tyd in die Here se teenwoordigheid nie.

Joh 20:24-29 Twyfel jy ook soms?
Bybelse geloof is nie om oortuig te wees deur onomstootlike feite nie, maar om oorrompel te word deur die Persoon van Jesus Christus.

Paasfees Joh 20:17 Jy het familie!
Jesus se Vader is nou ook óns Vader! Ons het familie geword. Ons hele bestaan het verander. Ons status in die wêreld het verander. Ons is broers en susters van Koning Jesus. Ons is seuns en dogters van God die Vader.

Matt 21:1-11 Palmsondag 19 April 2022
Wie is Jesus vir jou?
Die skare het gejuig, want hulle het gedink Jesus kom hulle van die Romeinse verdrukking bevry. Hulle ontnugtering toe Hy dit nié was nie, het daartoe gelei dat hulle Jesus verwerp het.

Joh 19:28-30 "Ek is dors."
Jesus se kruisdood was nie 'n tragiese lot wat oor Hom gekom het nie, maar 'n doelbewuste en gewillige oorgee van Homself tot in die dood. Dit sien ons in alles wat by die kruisiging gebeur, veral ook waar Jesus uitroep: "Ek is dors!"

Mark 15:33-34 My God, my God, waarom het U My verlaat?
Die dag toe God padgegee het

Luk 13:1-9
'n Vyeboom sonder vye?

Ps 111: 4 God weet van ons kort geheue
Nagmaalspreek

Eks 34 Blink jou gesig ook?
Vandag, op Verheerlikingsondag, dink ons aan die verheerliking van Christus op die berg (Luk 9:28-36). Daar het die glans van sy heerlikheid, wat Hy as ewige Seun van God het, deur sy menslikheid gestraal. In die verhaal in Eks 34 beleef Moses ook iets daarvan. Die glans van God se heerlikheid was só oorweldigend dat sy gesig begin blik het.

Psalm 1 Vrugteboom, of kaf?
Hierdie Psalm sê vir ons ’n mens kry 2 soorte mense: party mense is soos ’n pragtige vrugteboom wat by ’n plek met baie water staan. Sy blare is lieflik groen, hy dra sy vrugte op die regte tyd. ’n Mooi, gesonde, sterk boom (vs 3). Ander mense, weer, is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word (vs 4).

Luk 5:1-11 Die Here se aanspraak op jou lewe
'n Mens kan nooit té gerus wees as jy in God se teenwoordigheid in die kerk kom sit nie. Dit het Simon daardie dag agtergekom. Want toe hy hom kom kry, sit Jesus binne-in sy skuit! Al wat hy wou doen, was om sy nette skoon te kry en huis toe te gaan, maar toe hy weer sien, roei hy met Jesus in sy skuit 'n entjie die see in sodatJesus sy skuit kan gebruik as 'n preekstoel.

Jer 1:5 God, jy en jou roeping
God se werk in jou en my lewe het baie lank gelede al begin. Dit het begin voor ons nog mens was. Tóé het Hy al besluit dat Hy jou en my wil gebruik in Petrusburg in 2022. God beplan deeglik, en lank vooruit. Jou en my deelwees van sy werk in Petrusburg is nie toevallig of nou maar een van daardie dinge nie. God het sy huiswerk deeglik gedoen. Hy het baie tyd en energie en beplanning in jou belê. Want jy, en die rol wat jy in sy Koninkryk moet speel, is vir Hom verskriklik belangrik.

Joh 15:9-17 Liefhê soos Jesus
Uit Jesus se woorde is dit duidelik dat LIEFDE die vrugte is wat ons moet dra as lote van die ware Wingerdstok. In hierdie paar verse kom die begrip liefhê altesaam 9 keer voor, sodat ’n mens dit net nie kan mislees nie, en boonop word die opdrag dat ons moet liefhê, 5 keer gegee. Maar dan is dit nie sommer gewone liefde nie; dit is liefde soos die Here Jesus vir sy dissipels het, liefde soos die Vader vir die Here Jesus het (vgl verse 9 en 12).

Joh 15:1-17 Geloof verg vrugdra
Baie van ons het grootgeword met die idee dat jou saak met God reg is as jy die Here Jesus as jou persoonlike Verlosser aangeneem het. Dan is jou plek in die hemel as ’t ware bespreek. Maar dit is nie die hele verhaal nie. Ons word nie verlos om God se kinders te wees, net maar om eendag in die hemel te kom nie. Ons word verlos om God se gestuurdes na die wêreld te wees. Ons word God se kinders sodat ons ’n verskil in die wêreld kan maak.
Jesus het gesê (vers 16): Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou ...

Josua 1:1-9 Nuwejaar 2022
God, ons en die toekoms
Josua staan aan die vooraand van 'n nuwe fase in die volk Israel se geskiedenis, en hy is onseker of hy die mas gaan opkom.
God se woorde aan Josua lê die vinger sekuur op die wond.

Ps 90 Oujaarsdiens 2021
God leer ons hoe om te lewe