Skip to main content
Spotify for Podcasters
Mannetjiesvrou

Mannetjiesvrou

By Angie Gallagher, Candess Kostopoulos, Christi Kruger, Phia Smit

'n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër.
Leer jou les.
Available on
Apple Podcasts Logo
Google Podcasts Logo
Overcast Logo
Pocket Casts Logo
RadioPublic Logo
Spotify Logo
Currently playing episode

Episode 1: Hoe gemaak met homofobie?

MannetjiesvrouJun 17, 2022

00:00
01:00:30
Episode 1: Hoe gemaak met homofobie?
Jun 17, 202201:00:30
Episode 9: Nuwejaarsvoornemens, voëltoere, lesbiese road trips en straatvryery
Jan 14, 202224:47
Episode 8: Daar onder lê vier pikkewyne – ’n gesprek oor vulvas
Nov 19, 202157:03
Episode 7: Mishandeling in selfdegeslagverhoudings
Sep 27, 202153:59
Episode 6: Rabbedoe, rabbedoe
Aug 27, 202149:25
Episode 5: Hooftrekke uit die voorkamer

Episode 5: Hooftrekke uit die voorkamer

Ná ’n lang tydperk van stilswye, bied ons ’n blik op die afgelope paar weke.

In geen chronologiese volgorde nie, hoor jy onder andere van okkultiese koekdriehoeke, die pes, palliatiewe sorg met behulp van vibrators, spieratrofie, die Satisfyer Pro 2 en A Little Life (deur Hanya Yanagihara). Maak ’n teetjie en kom sit.

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

Aug 08, 202153:36
Episode 4: My Sarie Marais is so ver van my hart

Episode 4: My Sarie Marais is so ver van my hart

In episode 4 van Mannetjiesvrou bespreek ons die lank en die kort van langafstandverhoudings. Hoe laat die lesbiërs in langafstandverhoudings dit werk? Hannelie Otto en Janita Botha deel hul ervaring.


Mannetjiesvrou – leer jou les.


Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

May 01, 202151:12
Episode 3: Die lesbiër en geestesgesondheid
Apr 10, 202101:00:22
Episode 2 – Ware lewensdrama: Hetero-Hannelie maak haar hart oop

Episode 2 – Ware lewensdrama: Hetero-Hannelie maak haar hart oop

EKSKLUSIEF: Al ooit gewonder oor die geheime weë van die heteroseksuele vrou? Hetero-Hannelie antwoord openhartig en sonder skroom of doekies omdraai al die vrae wat jy sku is om te vra.

Mannetjiesvrou – leer jou les (en alles tussenin)

Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

Mar 19, 202148:09
Episode 1: Queer wees by die werk

Episode 1: Queer wees by die werk

Welkom terug in die voorkamer van die lesbiër! In episode 1 van die tweede reeks van Mannetjiesvrou praat ons oor uit wees by die werk. Is dit nodig dat jou kollegas moet weet van jou seksuele oriëntasie – en is daar 'n spesifieke manier waarop queer mense moet uitkom in 'n professionele omgewing? 

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”


Mar 05, 202152:37
Episode 12: Wederom, 2020!
Dec 26, 202028:38
Episode 11: Bi, bi, bi
Nov 23, 202001:06:04
Episode 10: Trou is nie perdekoop nie

Episode 10: Trou is nie perdekoop nie

Die knoop deurhaak is op die agenda in episode 10 van Mannetjies(t)rou. Die getroudes onder ons deel hul indrukke en ons kyk dié perd ordentlik in die bek, ten einde te probeer bepaal hoe die lesbiër vandag voel oor in die eg tree en wat behoort sy te weet oor dinge rondom die huwelik.

As jy Mannetjiesvrou geniet, teken asseblief in op die potgooi en gee gerus vir ons 'n gradering op die platform van jou keuse as jy voel jy wil – ons waardeer elke stukkie terugvoer.

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"


 

Nov 06, 202047:52
Episode 9: (Homoseksuele) deuntjies en dykies
Oct 23, 202040:36
Episode 8: Bloed is dikker as water

Episode 8: Bloed is dikker as water

Wat beteken die konsep van familie vir die LGBTQ-gemeenskap? In hierdie episode praat ons oor die lesbiër se binnekring en veral oor hoe queer mense uitdagings met hul gesinne en families kan oorbrug tydens prominente geleenthede soos die feesseisoen.

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

Oct 09, 202040:04
Episode 7: Kom ons praat oor seks

Episode 7: Kom ons praat oor seks

In episode 7 van Mannetjiesvrou gaan ons om met omgang. Ons onthou hoe ons aanvanklik ons koppe om kopulasie probeer kry het en praat oor die baie fasette van seks.

In “Haar Hande Staan vir Niks Verkeerd Nie” staan jy die kans om ’n verrassingspakkie ter waarde van R2000 met die komplimente van Secretly So te wen.

Skryf in deur Secretly So se blad op Facebook te volg en vir ons ’n boodskap te stuur of kommentaar te lewer op Mannetjiesvrou se sosiale mediablaaie, waarin jy te kenne gee dat jy belangstel in hierdie prys, bestaande uit ongeveer vyf verskillende seksspeelgoed en produkte.

SecretlySo.co.za hou meer as 400 verskillende seksspeelgoed en ander hulpmiddels aan – alles beskikbaar teen pryse wat jou sak sal pas en jou hart sal laat juig.

BONUS: Wonder jy waarmee woel Wolmien in die Woldriehoek? Luister in hierdie episode na die volgende voorlesing van “Agter die Wolgordyn” deur Fredricka S. Wasservrou.

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”, Lobo Loco – “Brain Instrumental”.

Sep 24, 202049:38
Episode 6: Die verhouding tussen gay mans en lesbiërs
Sep 06, 202044:50
Episode 5: Om uit die kas te kom

Episode 5: Om uit die kas te kom

Om uit die kas te kom is vir baie LGBTQI-mense 'n waterskeidingsoomblik. In episode 5 van Mannetjiesvrou praat ons oor uitkom en die manier waarop hierdie belangrike oomblik in die media voorgestel word. In Haar Hande Staan vir Niks Verkeerd nie deel ons wenke vir luisteraars wat dit oorweeg om self uit die kas te klim.

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"
Bykomende klankeffekte: zapsplat.com

Aug 21, 202046:15
Episode 4: Die storm- en drangjare
Aug 07, 202048:52
Episode 3: Die padda wou gaan opsit
Jul 23, 202043:11
Episode 2: Die lesbiër en labels

Episode 2: Die lesbiër en labels

Episode 2 van Mannetjiesvrou is 'n mondvol – maak maar tee en kry 'n snytjie koek met skop! Ons praat oor stereotipes en wonder: het die hedendaagse lesbiër enige erg aan labels – en hoef sy te hê?

Lees "Die lesbiër" van Nina Botes hier en kyk hier na 'n lekker geïllustreerde uitbeelding van Breyten Breytenbach se "Die boenk". Ons het na afloop van die opname besef dit is 'n kortverhaal en nie 'n gedig nie, verskoon tog.

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

Jul 09, 202042:47
Episode 1: Welkom in die voorkamer van die lesbiër

Episode 1: Welkom in die voorkamer van die lesbiër

In die eerste episode van Mannetjiesvrou praat ons oor die assosiasies wat daar is met die woord "mannetjiesvrou". Ons gesels ook oor die ikoniese helleveeg, wyle Jeanne Goosen en bied vir die algemene lesbiër wenke aan vir haar lewe. Welkom in die voorkamer van die lesbiër! 

Mannetjiesvrou – leer jou les.

Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

Jun 24, 202041:49