

NuuspodJun 01, 2022

Blitsbokke: So wen ons die Wêreldbeker

Wie kan vir Cyril opvolg?
Ons vra aan prof. André Duvenhage aan NWU of daar 'n opvolger vir pres. Cyril Ramaphosa is.

Maties: Transformasie is rassisme, sê STOP
In Nuusmakers gesels ek met Francois Malan en Christof van Niekerk oor transformasie by Maties. Hulle groep STOP sê die universiteit se raad is gelaai met 'n klomp linkse heavyweights wat Afrikaanssprekendes wat uit 'n konserwatiewe agtergrond kom, boelie, aldus Rapport.

BBP: Stats SA praat twak!
Nuuspod praat met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiële Dienstegroep, oor die blink kant van die ekonomie.

Nederlandse Grand Prix: Het Red Bull verneuk?
Na die afgelope naweek se Nederlandse Grand Prix, het wilde bewerings dat Red Bull met Alpha Tauri gekonkel het om Max Verstappen te bevoordeel die rondte gedoen. Ons kyk hierna en gee ons mening of daar enige waarheid in steek. Ons kyk ook na die nuutste verwikkelinge en intriges agter die skerms, en ook na watter bestuurders by watter span gaan opeindig in Formule 1 se Silly Season. Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

'n Hart vir Billy
Billy Macleod was 'n vermaarde sportman, wat al aan tien Ystermanne en die Cape Epic deelgeneem het, en selfs 'n Comrades marathon agter die blad het. Vandag is hy in die stryd van sy lewe gewikkel nadat hy hartskade opgedoen het, en nou wag hy vir 'n nuwe hart.
Teresa Coetzee het met hom gesels
Moontlik gemaak deur Elite Welding and Safety Solutions, asook Pipe Supply.
Jy kan Elite se webwerf besoek by https://elitewss.co.za, of hulle kontak by 011 692 2827
Jy kan Pipe Supply se webwerf besoek by https://pipesupply.biz, of hulle kontak by 011 693 4840

Wat soek die EFF op die Kaapse Vlakte?
Nuuspod se nuwe saamgeselsprogram, Nuusmakers, het vanoggend afgeskop met 'n gesprek tussen Ian Cameron, Quinton Adams en Nazier Paulsen oor die Kaapse Vlakte nav die EFF se projek EFF on Patrol. Die gesprek het soms warm geraak, maar op die keper beskou, was dit 'n goeie een. Jy kan voortaan elke weeksoggend om 7:00, behalwe Woensdae as die Blink Kant op is, na soortgelyke gesprekke luister. Woensdag se program sal om 7:30 begin.

Vurige Bokke wen die wedstryd... en die geveg!
Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by mirrorsa.co.za

Kan die nuwe Bokspan die Aussies stuit?
Na die onverwagse loesing wat die Bokke laasweek teen die Wallabies gekry het, het Jacques Nienaber nie minder as 8 veranderings aangebring nie. Dit kan goed werk of baie ontwrigtend wees. Ons gesels met die rugbyjoernalis, Brenden Nel, om sy opinie oor die span te hoor,en ook hoe dinge nou eintlik in die Bok kamp werk. Jy kan Brenden se Youtube kanaal besoek by https://www.youtube.com/c/BrendenNel Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

Is 'n ANC/EFF koalisie ons voorland?
In hierdie uitgawe van Nuusfokus op Nuuspod bespreek ek verskillende ontleders en joernaliste se menings oor die die kanse dat die EFF en die ANC 'n nasionale koalisie kan sluit.

Magtige Max storm voort
Max Verstappen en Red Bull het die afgelope naweek se Formule 1 Grand Prix in België totaal oorheers, en Nuuspod vra die vraag of Max die toneel gaan oorheers soos Lewis Hamilton die afgelope paar jaar gedoen het. Ons kyk bietjie na alles wat die naweek gebeur het, en bespiegel oor die bestuurdersmark en wie by watter spanne gaan opeindig. Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

Opul fnuik 'n groot petrolprysverlaging
Ek praat met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Finansiële Dienste Groep, oor die stand van die SA Ekonomie.

Koalisies: Is dit die EFF/ANC vs res van SA?
Nuuspod gesels met die verkiesingsontleder Dawie Scholtz oor koalisiemoontlikhede in die 2024 nasionale verkiesing.

Natuurlik moet jy bang wees vir die nuwe betredingswet!
Nuuspod gesels met Willie Spies van Hurter Spies Prokureurs oor die nuwe konsepwet oor onwettige betreding op jou eiendom. Hoewel die wet daarop uit is om grondeienaars te beskerm, is daar te veel vaaghede wat die wet oopstel vir growwe misbruik in die verkeerde hande, en daarvoor moet ons baie bang wees, sê Willie.

We shouldn't have to live in fear
Dr. Leila Fourie, CEO of the JSE chats about her involvement with Change a Life and how it changed her own life.

En die Oscar gaan aan... Nick White!
Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by mirrorsa.co.za

Ek weet wanneer jy jok!
Teresa Coetzee gesels met Lizette Volkwyn wat een van net twee menslike leuenverklikkers in Suid-Afrika is.
Besoek haar webtuiste by www.lizettevolkwyn.com
HIerdie episode is moontlik gemaak deur Hammond Pole Attorneys. Besoek hulle webtuiste by https://www.hammondpole.co.za/

Time to push back against "Kill the Boer"
Nuuspod talks to Solly Moeng after the Equality Court ruled "Kill the Boer" does not constitute hate speech.

Bokke doer onder en F1 is terug!
Sport Stories - Ons kyk na die naweek se rugby, krieket en Formule 1 Moontlik gemaak deur Mirror Business Solutions. Besoek hulle webwerf by https://mirrorsa.co.za

14 Tours - and still going strong!
Teresa chats to Hilton Guy from Talon Tough Tools about the Change a Life Cycle Tours. He has competed in all fourteen tours so far, and talks about this favourite moments and the impact Change a Life has had

Wat as die ANC Zondo ignoreer?
Ek praat met Johann Maarman van Die Burger oor Cyril Ramaphosa se mening dat die ANC nie alles in die Zondoverslag ter harte hoef te neem nie.

"Kill the Boer" is nie haatspraak, sê hof
Die gelykheidshof in Johannesburg het beslis dat die frase "Kill the Boer" nie as haatspraak gekenmerk kan word nie, aangesien daar nie genoeg getuienis daarvoor is nie. Nuuspod praat met Ernst Roets van Afriforum hieroor.

Ons is moeg vir die DA in Tshwane, sê ontevrede groep
Corrie Snyman van die NWM vertel aan Nuuspod hoe hulle sukkel om watersuiweringsaanlegte in Pretoria te laat herstel onder die koalisiemetro in Tshwane. Die groep het 'n ope brief aan die DA hieroor geskryf. Nuuspod sal kommentaar van die DA en koalisivennote bywerk.

Resessie, schmesessie!
In Die Blink Kant praat Nuuspod weekliks met Dr. Roelof Botha, finansiële raadgewer van die Optimum Financial Services Group oor die blink dinge van die ekonomie.

Klein veearts red tamaai luislang
Dr. Nada de Villiers vertel hoe sy 'n luislang van 40 kg moes behandel na die uit die hande van 'n smokkelaar gered is.

Cape Pioneer Trek: Die bergfietsren met 'n siel
Teresa het 'n lekker loslit gesprek met Henco Rademeyer en Bernard le Roux oor die Cape Pioneer Trek Bergfietsren.
Kyk na die ren se webwerf by https://capepioneer.co.za/
Besoek ook Qhubeka se webwerf by https://qhubeka.org

Changing lives and creating opportunities
Teresa chats to Ursula du Plooy and Jonathan Scott of the Change a Life Foundation about the incredible work the foundation is doing, as well as the upcoming annual Change a Life cycle Tour Click here for more details https://changealifecycle.com/

Is die DA regtig rassisties?
Elke keer as 'n swart leier uit die DA bedank, word die party subtiel, sowel blatant van rassisme beskuldig, of dan dat hulle minstens nie goeie rasseverhoudinge in die party se leierskap handhaaf nie. Dit is ook nou die geval met die bedanking van Makashule Gana en Patricia Kopane. Van Herman Mashaba en Mmusi Maimane se dramatiese vertrek uit die party 'n paar jaar gelede, tot Mbali Ntuli se aanslag op die posisie van leier as die party, sowel as die vertrek van Phumzile van Damme en Bongani Baloyi is ook deur verskeie ontleders, joernaliste en sommige betrokkenes self met die raskwas ingekleur. Maar as 'n mens na die samestelling van die party se leierskorps kyk en 'n klomp ander kwessies in ag neem, wil die som ten opsigte van die beskuldigings nie klop nie. Vanaand om 7:00 stel ek die vraag aan Cilliers Brink en Gert Van der Westhuizen.

Nuwe faksie staan op teen Cyril
Nuuspod praat met prof. André Duvenhage oor die jongste verwikkelinge in die ANC, waar 'n nuwe groepering binne die bestaande faksies posisie inneem teenoor pres. Cyril Ramaphosa.

Who/What can save us from the ANC?
Nuuspod talks to commentators and well known bloggers Conty Lebepe and Gauta Komane

Nee, vir nog brandstofheffings!
In Die Blink Kant gesels ons met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group oor die ekonomie

Landbank se georkestreerde aanslag teen boere
Nuuspod praat met Theo de Jager van Saai oor Landbank se boelietaktiek teen boere wat agterstallig is met hulle Landbankskuld.

Go2Berg: In die plek van Joberg2C
Die Go2Berg is n splinternuwe bergfietsmarathon deur dieselfde organiseerders as die Joberg2 wat volgende jaar Junie afskop

Arabella Leeuw: 'n Verhaal van Genesing
Die bekende sangeres, Nådine, vertel ons die aangrypende verhaal van Arabella Leeuw wat met haar tong buite haar lyf gebore is. Moontlik gemaak deur AESwitch. Besoek hulle webwerf by https://www.aeswitch.africa/

Die ondraaglike las van misdaad onder die ANC
Tot hoeke mate dra die ANC se onvermoë om te regeer by tot die misdaadsituasie in SA, vra ek vir Theo Venter.
Hierdie bydrae is moontlik gemaak deur Citybug Shuttle Services. Besoek gerus hulle webwerf by https://citybug.co.za/

Baklei VSA nou ook vir Rusland en China se Afrikabeen?
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, gesels weekliks met Nuuspod oor die blink kant van die ekonomie

My nag in die tronk
My ervaring in die tronk

Why Should Western Cape Secede from South Africa?
Why should the Western Cape secede from South Africa? Spectacular full live debate with audience participation about Cape Independence | Cape Town 23 June 2022.
PANEL MEMBERS
• Phil Craig | Cape Independence Advocacy Group
• Benedicta Van Minnen | Democratic Alliance
• Dr Corne Mulder | Freedomfront Plus
• Vytjie Mentor | ActionSA
• Ebrahim Rasool | ANC

Enough is enough!
Rob Hersov EXPOSES South African Private Sector. We spoke to Rob Hersov, the outspoken, charismatic, and infamous businessman and private investor.
---- Guest Links -----
https://www.investafrica.com/personel/rob-hersov-chairman-invest-africa
https://www.crunchbase.com/person/robert-hersov

Wag 'n ekonomiese ramp op ons?
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, gesels weekliks met Nuuspod oor die blink kant van die ekonomie

So heul polisie en Zama Zamas
Nuuspod praat met die veiligheidskenner Louis Nel wat in diepte kennis het van die werksaamhede van onwettige myners. Dit is 'n komplekse netwerk waarvan baie min mense regtig iets verstaan. Louis verduidelik hoe groot myngroepe en ander welvarende mense self betrokke is by die kwessie.

Die toekoms van koalisies
Nuuspod praat met Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Herman Mashaba, leier van ActionSA en Thomas Walters, adjunkvoorsitter van die DA Federale Raad.

Taliban vs Ankole: Wie eet wie die naweek?
Nuuspod praat met Dr. Pieter Mulder, Prof. André Duvenhage en Dr. Oscar van Heerden oor die ANC se beleidskonferensie die komende naweek.

Skoon krag of steenkool, wat is die antwoord?
Nuuspod se weeklikse gesprek met Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Financial Services Group, wat hierdie program moontlik maak.

Is Cyril se einde nou naby?
Ek praat met Carien du Plessis en Gert van der Westhuizen oor Cyril Ramaphosa se toekoms nav die naweek se provinsiale leiersverkiesing in KZN.

DA Mayor: How I have to hide from the ANC for my own safety
Christopher Pappas, DA Mayor of uMngeni tells how he has to sleep on different places in order to stay safe from the ANC and other political rivals.

Hoort homoseksualiteit in kinderboeke?
Nuuspod gesels met prof. Hennie van Coller van die UFS nav sy gewraakte rubriek oor kinderboeke waarin hy, volgens sy kritici, homoseksualiteit gelykstel aan maatskaplike kwessies.

Eskom se SOS aan Solidariteit
Nuuspod praat met Dirk Hermann van Solidariteit nav Pravin Gordhan se brief dat die organisasie hulp moet verleen om Eskom te red.

Sal die ANC vreedsaam mag oorgee?
Die DA-burgemeester van Umngeni moet, volgens 'n berig op Biznews, elke aand op 'n ander plek slaap om sy veiligheid te verseker weens dreigemente vanuit die ANC. Chris Pappas het as burgemeester na die November munisipale verkiesing oorgeneem in die voormalige ANC-munisipaliteit. Dit lyk of die ANC heftig gekant is teen die verbeteringe wat Pappas en sy raad besig is om aan te bring. Dit voorspel niks goed vir komende tussenverkiesings en die nasionale verkiesing in 2024 nie, as die ANC, soos verwag word, mag gaan moet afstaan aan ander partye en koalisies. Ek vra na aanleiding hiervan aan prof. André Duvenhage wat ons van die ANC kan verwag as hulle moet mag oorgee.

Slaag lag-lag met Studiemeester
Nou dat die skole weer begin het, dink mens weer aan maniere om jou kind te help presteer. Nuuspod gesels met Leonie Marques van Studiemeester oor hoe om leerwerk maklik te maak vir jou kind, en lag-lag te slaag. Besoek Studiemeester se webwerf by https://studiemeester.co.za of kontak hulle op 011 826 4314. Epos adres: stacy@studiemeesterhulp.co.za